Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 18 OKTOBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.
Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag.

SJINA SE MASSIEWE 500 METER RADIO TELESKOOP KAN DALK UITHEEMSE LEWE IN DIE BUITENSTE RUIMTE ONTDEK

DIE INSKRYWINGS VIR DIE HAMNET NASIONALE KOMMUNIKASIE OEFENING IS NOU AMPTELIK GESLUIT

OPROEP VIR ARTIKELS VIR DIE RADIO ZS NOVEMBER UITGAWE

DIE IARU ADMINISTRATIEWE RAAD BEKLEMTOON DIE BELANGRIKHEID VAN ANTENNA STELSELS VIR AMATEURRADIO


Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

**** Sjina se staats bestuurde Xinhua nuusagentskap raporteer dat die 500 meter lensopening Sfeerise Teleskoop (FAST) in 2016 voltooi sal wees – wat aan navorsers die geleentheid sal gee om radio seine en moontlike uitheemse lewe op ander planete op te spoor

Die land se militęr-beheerde ruimte program is besig met die konstruksie. Wanneer voltooi sal die skottel oppervlakte 30 sokkervelde beslaan. Hierdie projek het die vermoeë om ons verstaan van die heelal radikaal te verander, insluitend die opsporing van moontlike uitheemse lewe daar buite. Die konstruksie van die projek het reeds in 2011 begin. Die konstruksie terrein is gesetel in die Guizhou provinsie met die asemrowende Karst bergreeks. Die half kilometer diameter skottelsal die 305 meterskottel in Arecibo in Puerto Rico oorskry, maar slegs ons eie Vierkante Kilometer reeks Teleskoop waneer voltooi sal meer sensitief wees.

**** Die inskrywings vir die nasionale kommunikasie oefening is no amptelik gesluit. Die oefening sal vanaf Saterdag 24 Oktober om 12:00 SAT tot Sondag 12:00 SAT plaasvind.
Hierdie jaar se tema is ‘n totale “blackout” en alle spanne wat deelneem moet hulle onderskeie stasies isoleer van die elektriese netwerk af wat insluit verwarming, verkoeling, kook en beligting. Daar word ook met hierdie oefening weg beweeg vanaf die tradisionale kompiterende uitdaging na ‘n omgewing waar daar gesamentlik meer geleer kan word oor hoe om die sumulasie bes moontlik te kan aanpak.Spanne word versoek om met ‘n krietiese oog na hulle eie optredes te kyk om so ook te sien waar hulle onderskeie swakhede lę.

Daar is ‘n total van 6 spanne.
Van Divisie 1:
Goodwood
Onrus
Seaside
Sedgefield
Touws River
Vaatjie

Divisie 2:
Port Elizabeth

Divisie 3
Black Rock

Divisie 4
Vrede

Divisie 5
Hibiscus

Divisie 6
Arrow Park
Bethal
Lowveld
Roodeplaat
Vaal

V51 - Spitskop

Dit gee ‘n goeie geografiese verspreiding reg oor Suid Afrika en Namibia en om die oefening in die somer te hou gee die oefening ‘n interesante aspek.Terwyl Div 1 besorgd sal wees oor die verwarming van die operateurs sal ander divisies dalk meer besorgd wees oor afkoeling.

Die finale inligtingspakke sal by die lees van die bulletin reeds uit gestuur wees na die onderskeie bestemmings. Indien iemand nie die nodige inligting ontvang het nie moet Grant by 0824903465 of per epos aan grant@saao.ac.za gekontak word.


**** 'n Oproep vir artikels vir Radio ZS. Soos jy op bladsy 4 van die Oktober Radio ZS gelees het, is ‘n tema gekoppel aan elke uitgawe van Radio ZS.

Vir die November/Desember 2015 uitgawe is die tema antennas en voerlyne en die sluitingsdatum vir material is 8 November. Die tema vir Januarie 2016 is veld stasies en mobiele werking, kry jou artikel in teen 23 Desember 2015. In die Februarie 2016 uitgawe kyk ons na BHF/UHF en Mikrogolwe; die redakteur wil graag jou artikels teen 24 January 2016 ontvang. In die Maart uitgawe gaan ons fokus op noodkommunikasie en gemeenskapsdiens. Die sluitings datum is 22 Februarie 2016. Stuur jou artikels aan radiozs@sarl.org.za


**** Die Internasionale Amateurradio-unie (IARU) se Administratiewe Raad (AC) het 'n resolusie aanvaar waarin IARU ledeverenigings gevra word om regerings aan te moedig om die belangrikheid van die Amateurradio Diens en amateurradio antennas te erken. Op 9 en 10 Oktober het die AC sy 38ste byeenkoms in Bali, Indonesië gehou in samewerking met die IARU Streek 3 Konferensie.

Die antenna resolusie doen ook 'n beroep op ledeverenigings "om te pleit vir beplanning en ontwikkeling regulasies wat behoorlik die belangrikheid van 'n amateurradio antenna erken en nie onnodige beperkings te plaas op die oprigting van antennas nie." Dit vra ook dat ledeverenigings enige oplegging van gelde wat verband hou met amateurradio antennas te ontmoedig veral in die lig van die nie-geldelike aard van Amateur Radio en sy gewildheid in die student en senior gemeenskappe.

Die AC het sy voorbereidings om Amateur Radio te verteenwoordig by die Węreld Radiokommunikasie Konferensie 2015 (WRC-15), wat sal plaasvind gedurende November in Genčve voltooi. Die AC hersien IARU posisies en strategieë vir elke WRC-15 agenda item wat amateur radio kan beďnvloed. Dit sluit voorstelle in vir 'n sekondęre amateur toekenning naby 5,3 MHz. Die Raad het ook gekyk na items op die agenda vir die volgende WRC, wat na verwagting in 2019 sal plaas vind. Dit sou 'n amateur toekenning by 50 MHz in Streek 1 (Europa en Afrika) en globale harmonisering van die 1 800 to 2 000 kHz toekenning insluit. "Daar word verwag dat 'n beduidende poging deur IARU nodig sal wees in die voorbereiding vir WRC-19 om die amateur toekennings tussen 137 en 960 MHz te verdedig in die lig van die druk vir die spektrum vir klein, nie-amateur satelliete," het die AC het in 'n verklaring gesę. "Nouer koördinering van plaaslike pogings sal vereis word."

In 'n afwyking van die praktyk van die afgelope jare het die Raad 'n voortdurende tema vir Węreld Amateurradio Day elke April gekies - "Vier Amateurradio se bydrae tot die samelewing." Die Raad kan 'n spesiale tema in enige gegewe jaar voorstel, indien toepaslik.



U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Uitslae van die SARL Lente QRP Kompetisie. Die komitee het 12 logstate ontvang vir die SARL QRP kompetisie gehou op Saterdag 3 Oktober.

1ste Wesrand ARK, ZS6WR, 516 punte
2de Hammies ARK, ZS6ZU, 420 punte
3de Andre Botes, ZS2ACP, 384 punte
4de Pretoria ARK, ZS6PTA, 328 punte

Die gesamentlike uitslae van die vier QRP kompetisies vir 2015.

1ste West Rand ARK, ZS6WR, 2 600 punte
2de Rudi Venter, ZS6DX, 1 911 punte
3de Hammies ARK, ZS6ZU, 1 134 punte
4de Pretoria ARK, ZS6PTA, 1 048 punte

Baie geluk aan die wenners. Die volledige uitslae is beskikbaar in” HF Happenings 676”.

**** Die uitslae van die ZS4 Naelloop. Die komitee het 16 logstate ontvang vir die ZS4 Naelloop gehou op Sondag 7 Junie 2015.

1ste Jan Botha, ZS4JAN, 145 punte
2de Warren Reilly, ZS4W, 122 punte
3de Johan van Zilj, ZS4DZ, 107 punte
4th die OTL Radioklub, ZS6OTL, 62 punte

Die voledige uitslae is in “HF Happenings 676” en sertifikate is aan die wenners per e-pos versend.

**** Die voorlopige uitslae van die SARL 80 Meter QSO Geselligheid gehou op 1 Oktober is bekend gemaak. Die komitee het 13 logstate ontvang en daar is bepaal dat 37 amateurs aktief was.

1ste Thanie Gibson, ZS4AZ, 320 punte
2de Sydney Smith, ZS1TMJ, 310 punte
3de Johan Van Zijl, ZS4DZ, 260 punte
4de Romeo Nardini, ZS6ARQ, 250 punte

Baie geluk aan Thanie. Geen logstate is vir die eerste skof in April ontvang nie, die QRM was net te hoog. Die komitee versoek dat logstate vir die 80 Meter QSO Geselligheid slegs in MS Excel formaat ingedien word.

**** In die week se voorplantings verslag berig Hannes Coetzee, ZS6BZP, dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Aktiewe Sonvlek 2434 het 'n komplekse magnetiese samestelling en kan die bron van M-klas fakkels wees.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 64 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

**** En nou vir die dagboek van gebeure
16 tot 18 Oktober - Jamboree-op-die-lug
17 Oktober - CQ Hou Koers
24 en 25 Oktober - die CQ WW DX ESB kompetisie
10 November - sluitingsdatum vir artikels vir die November/Desember Radio ZS

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

**** Sjina se staats bestuurde Xinhua nuusagentskap raporteer dat die 500 meter lensopening Sfeerise Teleskoop (FAST) in 2016 voltooi sal wees – wat aan navorsers die geleentheid sal gee om radio seine en moontlike uitheemse lewe op ander planete op te spoor

****Die inskrywings vir die nasionale kommunikasie oefening is no amptelik gesluit. Die oefening sal vanaf Saterdag 24 Oktober om 12:00 SAT tot Sondag 12:00 SAT plaasvind.
Hierdie jaar se tema is ‘n totale “blackout” en alle spanne wat deelneem moet hulle onderskeie stasies isoleer van die van die elektriese netwerk af wat insluit verwarming, verkoeling, kook en beligting.

**** n Korreksie wat ons net wil aankondig. In vorige nuus billetins is Brian Utterson se van verkeerd gespel hierdie fout is gekorrigeer en vra die nuusspan verskoning vir enige ongerief in die verband.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Vivian, ZS6VD en gelees deur John Keulder, ZS6BXL.

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX

======================= Boodskap Eindig =======================


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003